Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 15:5-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Toe het die Here vir Abram buitentoe laat gaan en vir hom gesê: “Kyk op na die hemel en tel die sterre as jy kan.” Verder sê die Here vir hom: “So baie sal jou nageslag wees.”

6. Abram het toe in die Here geglo, en die Here het dit goedgevind dat Abram so volgens die wil van die Here gehandel het.

7. Hy het vir Abram gesê: “Ek is die Here wat jou uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het om hierdie land aan jou te gee as jou besitting.”

8. Maar Abram vra: “Hoe sal ek weet dat ek dit sal besit, Here my God?”

9. Toe beveel die Here hom: “Bring vir My 'n vers, 'n bok en 'n skaapram, almal drie jaar oud, en 'n tortelduif en 'n jong duif.”

10. Abram het dit alles vir die Here gebring en dit middeldeur gesny. Hy het elke helfte teenoor die ander helfte neergesit. Die voëls het hy nie verdeel nie.

11. Die roofvoëls het op die karkasse begin toesak, maar Abram het hulle weggejaag.

Lees volledige hoofstuk Genesis 15