Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 15:14-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Maar Ek sal die nasie straf wat van jou nageslag slawe maak, en dan sal hulle met baie besittings wegtrek.

15. Jy sal in vrede sterf en op 'n hoë ouderdom begrawe word.

16. Die vierde geslag ná jou sal hiernatoe terugkom. Dan eers sal die ongeregtigheid van die Amoriete sy volle maat bereik het.”

17. Toe die son ondergegaan het en dit donker was, gaan daar skielik 'n oond wat rook en 'n fakkel wat brand, tussen die stukke vleis deur.

18. Op daardie dag het die Here 'n verbond gesluit met Abram en vir hom gesê:“Aan jou nageslag gee Ek hierdie land,van Egiptespruit af tot by die Eufraat, die groot rivier;

19. die land van die Keniete, die Kenissiete en die Kadmoniete,

20. die Hetiete, die Feresiete en die Refaïete,

21. die Amoriete, die Kanaäniete, die Girgasiete en die Jebusiete.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 15