Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 13:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Die inwoners van Sodom was sleg: hulle het baie gesondig teen die Here.

14. Nadat Lot van Abram af weg is, het die Here vir Abram gesê: “Kyk tog rond, kyk van hier af waar jy is, na die noorde en die suide, na die ooste en die weste.

15. Die hele land wat jy sien, gee Ek vir altyd aan jou en jou nageslag.

16. Ek sal jou nageslag so baie maak soos die stof van die aarde. As iemand die stof van die aarde kan tel, sal jou nageslag ook getel kan word.

17. Trek nou deur die land, deur sy lengte en sy breedte, want Ek gee dit vir jou.”

18. Abram het sy tente versit en gaan woon by die groot bome van Mamre by Hebron. Daar het hy 'n altaar vir die Here gebou.

Lees volledige hoofstuk Genesis 13