Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 10:5-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Uit hulle het die mense wat nou die kusstreke bewoon, daarnatoe versprei, volgens hulle stamme en nasies, elkeen met sy eie taal.

6. Die nageslag van Gam:Kus, Egipte, Put en Kanaän.

7. Die nageslag van Kus was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama was Skeba en Dedan.

8. Uit Kus het Nimrod gekom, die eerste maghebber op die aarde.

9. Hy was 'n dapper jagter, ook in die oë van die Here. Daarom word daar gesê: “'n Dapper jagter in die oë van die Here, soos Nimrod.”

10. Nimrod se koninkryk het begin by Babel, Erek, Akkad en Kalne, almal in Sinar.

11. Van hier af het hy na Assirië toe gegaan en Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou,

12. asook Resen tussen Nineve en Kalag. Resen was 'n groot stad.

13. Uit Egipte weer het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete,

14. Patrosane en die Kaslugiete uit wie die Filistyne kom, en die Kaftorane.

15. Uit Kanaän het gekom Sidon wat as sy oudste seun geld, en verder Het,

16. die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete,

17. Hewiete, Erekiete, Siniete,

Lees volledige hoofstuk Genesis 10