Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 10:26-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Uit Joktan het gekom Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,

27. Hadoram, Usal, Dikla,

28. Obal, Abimael, Skeba,

29. Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal het uit Joktan voortgekom.

30. Hulle nedersettings het gestrek van Mesa af in die rigting van Sefar in die oostelike bergwêreld.

31. Hulle is almal die nageslag van Sem, met hulle eie stamme en tale, in hulle eie lande en onder hulle eie nasies.

32. Dit is die stamme van die seuns van Noag volgens hulle herkoms onder hulle eie nasies. Uit húlle het die nasies oor die aarde versprei ná die oorstroming.

Lees volledige hoofstuk Genesis 10