Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 10:22-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Die nageslag van Sem:Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram.

23. Die nageslag van Aram was Us, Gul, Geter en Mas.

24. Uit Arpaksad het Selag gekom, en uit Selag Heber.

25. Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg, want in sy tyd is die land verdeel, en die naam van sy broer was Joktan.

26. Uit Joktan het gekom Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,

27. Hadoram, Usal, Dikla,

28. Obal, Abimael, Skeba,

29. Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal het uit Joktan voortgekom.

30. Hulle nedersettings het gestrek van Mesa af in die rigting van Sefar in die oostelike bergwêreld.

31. Hulle is almal die nageslag van Sem, met hulle eie stamme en tale, in hulle eie lande en onder hulle eie nasies.

32. Dit is die stamme van die seuns van Noag volgens hulle herkoms onder hulle eie nasies. Uit húlle het die nasies oor die aarde versprei ná die oorstroming.

Lees volledige hoofstuk Genesis 10