Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 10:18-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat. Met verloop van tyd het die Kanaänitiese stamme versprei

19. en het hulle grense gestrek van Sidon af tot by Gasa in die rigting van Gerar en tot by Lesa in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim.

20. Hulle is almal die nageslag van Gam, met hulle eie stamme en tale in hulle eie lande en onder hulle eie nasies.

21. Vir Sem is daar ook kinders gebore. Hy was die voorvader van al die Hebreërs. Sy oudste broer was Jafet.

22. Die nageslag van Sem:Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram.

23. Die nageslag van Aram was Us, Gul, Geter en Mas.

24. Uit Arpaksad het Selag gekom, en uit Selag Heber.

25. Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg, want in sy tyd is die land verdeel, en die naam van sy broer was Joktan.

26. Uit Joktan het gekom Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,

27. Hadoram, Usal, Dikla,

28. Obal, Abimael, Skeba,

29. Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal het uit Joktan voortgekom.

30. Hulle nedersettings het gestrek van Mesa af in die rigting van Sefar in die oostelike bergwêreld.

Lees volledige hoofstuk Genesis 10