Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 1:2-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.

3. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!”En daar was lig.

4. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei.

5. God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.

Lees volledige hoofstuk Genesis 1