Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 1:14-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Toe het God gesê: “Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om dag en nag van mekaar te skei. Hulle moet ook as tekens dien om seisoene, dae en jare aan te dui.

15. Hulle moet ligte wees aan die hemelgewelf om op die aarde lig te gee.”So het dit gebeur.

16. God het die twee groot ligte gemaak, die grootste om bedags te heers en die kleiner lig om snags te heers, en ook die sterre.

17. God het hulle in die hemelgewelf geplaas om op die aarde lig te gee,

18. om oor dag en nag te heers en om lig en donker van mekaar te skei. En God het gesien dit is goed.

19. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die vierde dag.

20. Toe het God gesê: “Laat die waters krioel van lewende wesens, en laat daar voëls onder die hemelgewelf oor die aarde vlieg.”

21. God het die groot seediere geskep en al die ander lewende wesens waarvan die waters krioel, almal na hulle aard; ook al die voëls na hulle aard. En God het gesien dit is goed.

22. Toe het God hulle geseën: “Wees vrugbaar, word baie en bewoon al die waters van die see. En laat die voëls baie word op land.”

23. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die vyfde dag.

24. Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard.”So het dit gebeur.

Lees volledige hoofstuk Genesis 1