Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 9:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Nadat dié dinge gedoen is, het die leiers van die gemeente vir my kom sê: “Die mense van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die nie-Joodse bevolking met sy afskuwelike gebruike nie, en dié is nog dieselfde as dié van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete.

2. Ons mense en hulle seuns het getrou met nie-Joodse vrouens; hulle het hierdie volk hom laat vermeng met heidene. Leiers en ampsdraers het die voortou geneem in dié trouelose optrede.”

3. Toe ek dit hoor, het ek my klere geskeur, my hare en my baard uitgetrek en verslae gaan sit.

4. Almal wat by die gedagte aan die opdragte van die God van Israel vreesbevange was oor dié troueloosheid van die mense uit die ballingskap, het by my kom staan. Ek het maar net verslae daar gesit, tot die tyd van die aandoffer toe.

Lees volledige hoofstuk Esra 9