Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 8:9-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Obadja seun van Jegiël uit die nageslag van Joab, en saam met hom 218 man;

10. Selomit seun van Josifja uit die nageslag van Bani, en saam met hom 160 man;

11. Sagaria seun van Bebai uit die nageslag van Bebai, en saam met hom 28 man;

12. Joganan seun van Katan uit die nageslag van Asgad, en saam met hom 110 man;

13. dié uit die nageslag van Adonika was van die laastes;hulle was Elifelet, Jeïel en Semaja, en daar was 60 man saam met hulle;

14. verder was daar Utai en Sabud uit die nageslag van Bigwai, en saam met hulle 70 man.

15. Ek het hulle laat bymekaarkom by die rivier wat by Ahawa verby loop. Ons het daar drie dae gekampeer, en ek het vasgestel dat daar priesters onder die mense was, maar ek kon geen Leviete vind nie.

16. Ek het toe vir Eliëser, Ariël, Semaja, Elnatan, Jarib, Elnatan, Natan, Sagaria en Mesullam laat roep, almal leiers, en ook vir Jojarib en Elnatan, twee verstandige manne.

17. Ek het hulle na Iddo, die leier in Kasifja, toe gestuur, en hulle gesê wat om vir Iddo en sy ampsgenote en vir die tempelslawe in Kasifja te sê sodat Iddo-hulle mense vir ons kon stuur wat in die tempel van ons God kon diens doen.

18. Deur die goeie beskikking van ons God het hulle toe ook vir ons 'n verstandige man gestuur uit die nageslag van Magli seun van Levi, seun van Israel. Dit was Serebja, met sy seuns en sy ampsgenote, agtien altesaam.

19. Verder het hulle ook vir Gasabja gestuur en saam met hom Jesaja uit die nageslag van Merari, met sy ampsgenote en hulle seuns, twintig altesaam.

20. Van die tempelslawe wat nog deur Dawid en sy amptenare geskenk is om die Leviete van diens te wees, het daar twee honderd en twintig man gekom. Almal se name is opgeteken.

21. Ek het daar by die Ahawarivier 'n vasdag uitgeroep om ons voor ons God te verootmoedig en Hom te bid om 'n voorspoedige reis vir onsself, ons afhanklikes en al wat ons besit het.

22. Ek was skaam om vir die koning soldate en ruiters te vra om ons teen vyande langs die pad te help. Ons het vir die koning gesê ons God sorg goed vir almal wat Hom dien en Hy straf almal swaar wat Hom verlaat.

23. Ons het dus gevas en die hulp van ons God gevra vir die onderneming, en Hy het ons gebede verhoor.

Lees volledige hoofstuk Esra 8