Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 7:24-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Neem ook kennis dat julle nie gemagtig is om belasting, heffing of tol te eis van enige priester, Leviet, tempelsanger, poortwag, tempelslaaf of enigeen wat in die tempel van hierdie God werk nie.

25. “Jy, Esra, moet volgens die wysheid waaroor jy beskik soos dit jou deur jou God gegee word, regeerders en regters aanstel wat die regspraak kan behartig vir al die mense in Wes-Eufraat, vir almal wat die wet van jou God ken. Vir dié wat dit nie ken nie, moet julle dit leer.

26. Enigeen wat hom nie hou aan die wet van jou God en die wet van die koning nie, moet streng gestraf word, met die dood of met verbanning of met 'n boete of met gevangenisstraf.”

27. Esra het toe gesê: “Geloof sy die Here, die God van ons voorvaders! Hy het die koning die besluit laat neem om die tempel in Jerusalem so goed toe te rus,

28. en Hy het my die goedgesindheid van die koning, van sy adviseurs en van al sy magtige amptenare laat geniet. Ek was vol moed. Die Here my God het sy hand oor my gehou. Ek het toe die leiers onder die Israeliete bymekaar laat kom om saam met my te trek.”

Lees volledige hoofstuk Esra 7