Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 6:15-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Die tempel is voltooi op die derde dag van die maand Adar, in die sesde jaar van die regering van koning Darius.

16. Die Israeliete, die priesters, die Leviete en die ander wat uit die ballingskap teruggekom het, het die inwyding van die tempel met vreugde gevier.

17. Hulle het met die inwyding van die tempel honderd bulle, twee honderd ramme en vier honderd lammers geoffer, en as sondeoffer vir die hele Israel ook nog twaalf bokramme, een vir elke stam van Israel.

18. Hulle het die priesters ingedeel in afdelings en die Leviete in diensgroepe vir die diens van God in Jerusalem soos dit in die boek van Moses voorgeskryf is.

19. Die ballinge wat teruggekom het, het die paasfees gevier op die veertiende van die eerste maand.

20. Die priesters en die Leviete het hulle sonder uitsondering gereinig en almal was rein. Die Leviete het die paaslam geslag vir almal wat uit die ballingskap teruggekom het en vir hulle ampsgenote die priesters en vir hulleself.

Lees volledige hoofstuk Esra 6