Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 4:17-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Die koning het soos volg geantwoord:“Aan die hoofamptenaar Regum, die sekretaris Simsai en hulle bondgenote wat in Samaria en die res van Wes-Eufraat woon: Voorspoed!

18. “Die skrywe wat julle aan ons gestuur het, is vertaal en aan my voorgelees.

19. Op my bevel is daar ondersoek gedoen en gevind dat daardie stad van ouds af teen konings in opstand was. Daar is voortdurend rebellie en revolusie gestook.

20. Magtige konings het oor Jerusalem geregeer en gesag uitgeoefen oor die hele Wes-Eufraat. Daar is belasting, heffing en tol aan hulle betaal.

21. Gee dus opdrag dat daardie manne gekeer word. Daardie stad mag nie herbou word voor ek opdrag gee nie.

22. Sorg dat julle nie nalatig is in dié saak nie, sodat die koningshuis nie nog groter skade ly nie.”

23. Toe 'n afskrif van die brief van koning Artasasta voorgelees is aan Regum en aan die sekretaris Simsai en hulle bondgenote, is hulle haastig Jerusalem toe, na die Judeërs toe, en het hulle die werk met mag en geweld tot stilstand gebring.

24. Die werk aan die tempel in Jerusalem is gestaak, en dit het bly lê tot die tweede regeringsjaar van koning Darius van Persië.

Lees volledige hoofstuk Esra 4