Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 2:60-70 Afrikaans 1983 (AFR83)

60. Dit was die families van Delaja, Tobija en Nekoda, altesaam 652 mense.

61. Van die priesterfamilies was daar ook nog dié van Gabaja, Kos en Barsillai, dié Barsillai wat getroud is met 'n dogter van die Gileadiet Barsillai en toe na hom vernoem is.

62. Hierdie families het probeer vasstel of hulle in die registers opgeneem is, maar daar kon niks gevind word nie, en hulle is uit die priesteramp onthef.

63. Die amptenaar wat met dié sake belas was, het beslis dat hulle nie van die gewyde gawes mag eet voordat 'n priester uitsluitsel gegee het met die urim en tummim nie.

64. Die hele gemeente was in totaal 42 360,

65. afgesien van hulle slawe en slavinne; dié was 7 337. Dan was daar ook nog 200 sangers en sangeresse.

66. Die mense het 736 perde, 245 muile,

67. 435 kamele en 6 720 donkies gehad.

68. Met hulle aankoms by die tempelterrein in Jerusalem het 'n aantal familiehoofde vrywillige bydraes gegee vir die oprigting van die huis van die Here op sy oorspronklike plek.

69. Hulle het volgens hulle vermoë vir die boufonds gegee, iets meer as 'n halwe ton goud, byna drie ton silwer en honderd stelle priesterklere.

70. Die priesters, die Leviete en 'n deel van die volk, asook die sangers, die poortwagte en die tempelslawe het hulle gevestig in die stede waar hulle vandaan gekom het. So het die hele Israel gedoen.

Lees volledige hoofstuk Esra 2