Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 1:4-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Elkeen wat van dié volk nog oor is, waar hy ook al tydelik gewoon het, moet deur die mense van sy omgewing voorsien word van die nodige silwer, goud, gebruiksgoed en vee, tesame met 'n vrywillige gawe vir die tempel van God in Jerusalem.”

5. Die familiehoofde van Juda en Benjamin, asook die priesters en die Leviete, elkeen in wie God die voorneme gegee het, het toe klaargemaak om die huis van die Here in Jerusalem te gaan bou.

6. Al hulle bure het hulle hande gesterk deur silwerware en goud, gebruiksgoed, vee en allerlei kosbaarhede te gee, bo en behalwe al die vrywillige gawes.

7. Koning Kores het ook die goed laat haal wat in die huis van die Here was en wat Nebukadnesar uit Jerusalem weggevat en in die tempel van sy god gesit het.

8. Koning Kores van Persië het dit aan Mitredat, die sekretaris van die tesourie, laat oorhandig, en dié het 'n lys daarvan gemaak vir Sesbassar, hoof van die stam Juda.

9. Die volgende stukke was op die lys: 30 goue bakke, 1 000 silwerbakke, en — toe dit weer getel is — nog 29 by,

10. 30 goue komme, 410 silwerkomme na hertelling, en 'n 1 000 ander stukke.

11. Daar was altesame 5 400 stukke goud en silwer. Sesbassar het alles saamgevat toe hy die ballinge van Babel af na Jerusalem toe gebring het.

Lees volledige hoofstuk Esra 1