Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 7:18-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. die mense sal rouklere aantreken skrikbevange raak;elke gesig sal verslae wees,elke kop kaalgeskeer.

19. “Hulle sal hulle silwer op die strate weggooi;hulle goud sal nutteloos wees:hulle silwer en hulle goud kan hulle nie reddie dag as die toorn van die Here losbreek nie.Hulle sal hulle honger nie daarmee kan stilen hulle daaraan nie kan vol eet nie.Dit is juis hulle silwer en goudwat hulle in sonde laat verval het:

20. hulle was so trots op hulle versiersels, so ingenome daarmee,dat hulle daarvan vir hulle gode gemaak het,afskuwelike, walglike goed.Dit is waarom Ek hulle goud en silwer nutteloos laat word.

21. “Ek gee dit oor aan vreemdes as buit;die goddeloses van die aarde sal dit roof en ontwy.

22. Ek sal maak of Ek niks sien nie,en hulle sal my kosbare tempel ontwy,rowers sal daar inkom en dit ontwy.

23. Maak gereed die kettings vir die gevangenes,want die land se regters is moordenaars,die stad is vol geweld.

24. Ek bring die slegste nasies,hulle sal die huise in die land vat.Ek maak 'n end aan die hoogmoed van die mense met mag,hulle heiligdomme sal ontwy word.

25. Wanneer die angs kom, sal hulle vrede soek,maar dié sal daar nie wees nie.

26. Ramp op ramp sal kom,gerug op gerug.Hulle sal tevergeefs by die profeet 'n openbaring soek;ook die priester sal nie leiding kan gee nie,en die oumense sal nie raad hê nie.

27. Die koning sal treur,die vername mense sal angsbevange wees,die mense in die land sal die hande wring van vrees.Ek gaan aan hulle doen wat hulle verdien,Ek gaan hulle straf soos hulle self mense gestraf het.Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 7