Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 6:5-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Ek sal die Israeliete se lyke voor hulle afgode gooi, hulle bene rondom die altare strooi.

6. Waar julle ook al woon, Israeliete, sal die stede in puin gelê word en die hoogtes verwoes word: julle altare sal in puin lê en verwoes wees, julle afgode sal stukkend gebreek word en verdwyn, julle wierookaltare sal in stukke geslaan word en daar sal niks oor wees van julle handewerk nie.

7. Wanneer die dooie liggame tussen julle lê, sal julle besef dat Ek die Here is.

8. “Tog sal Ek party dit laat oorleef, Ek sal party van julle aan die swaard laat ontkom wanneer julle oor baie lande onder die nasies verstrooi word.

9. Dié van julle wat ontkom het, sal My onthou daar waar hulle ballinge geword het tussen die nasies. Die ballinge sal onthou hoe Ek in my eer aangetas is deur hulle ontroue gesindheid wat hulle van My af laat wegdraai het agter hulle afgode aan en 'n weersin in hulleself kry oor die bose optrede, oor al hulle afskuwelike dade.

10. Hulle sal besef dat Ek die Here is en dat Ek nie verniet gesê het dat Ek hierdie onheil oor hulle sal bring nie.”

11. So sê die Here my God: “Slaan jou hande inmekaar, stamp met jou voete, kerm oor al die bose, afskuwelike dade van Israel: hulle gaan sterf deur oorlog, deur hongersnood, deur pes.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 6