Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 6:2-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. “Mens, kyk na die berge van Israel toe en tree op as profeet teen hulle.

3. Jy moet sê: Berge van Israel, hoor die woord van die Here my God!”So sê die Here my God vir die berge, vir die heuwels, vir die klowe en vir die valleie: “Ek gaan oorlog oor julle bring, Ek gaan julle hoogtes vernietig,

4. julle altare verwoes, julle wierookaltare stukkend breek, die mense dood voor hulle afgode laat neerval.

5. Ek sal die Israeliete se lyke voor hulle afgode gooi, hulle bene rondom die altare strooi.

6. Waar julle ook al woon, Israeliete, sal die stede in puin gelê word en die hoogtes verwoes word: julle altare sal in puin lê en verwoes wees, julle afgode sal stukkend gebreek word en verdwyn, julle wierookaltare sal in stukke geslaan word en daar sal niks oor wees van julle handewerk nie.

7. Wanneer die dooie liggame tussen julle lê, sal julle besef dat Ek die Here is.

8. “Tog sal Ek party dit laat oorleef, Ek sal party van julle aan die swaard laat ontkom wanneer julle oor baie lande onder die nasies verstrooi word.

9. Dié van julle wat ontkom het, sal My onthou daar waar hulle ballinge geword het tussen die nasies. Die ballinge sal onthou hoe Ek in my eer aangetas is deur hulle ontroue gesindheid wat hulle van My af laat wegdraai het agter hulle afgode aan en 'n weersin in hulleself kry oor die bose optrede, oor al hulle afskuwelike dade.

10. Hulle sal besef dat Ek die Here is en dat Ek nie verniet gesê het dat Ek hierdie onheil oor hulle sal bring nie.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 6