Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 42:7-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Daar was 'n muur voor die kamergebou al langs die buitenste voorhof. Die muur was vyf en twintig meter lank.

8. Die lengte van die kamergebou was teen die buitenste voorhof vyf en twintig meter, maar aan die tempel se kant was dit vyftig meter.

9. Die toegang uit die buitenste voorhof na die onderste kamers toe was aan die oostekant.

10. Daar was ook kamers teen die muur van die buitenste voorhof, aan die suidekant teen die tempelplein. Daar was kamers teen die muur

11. met 'n gang voor hulle net soos voor die kamers aan die noordekant. Die kamers was net so lank en so breed as dié aan die noordekant, en hulle toegange en afmetings en uitgange

12. was net soos dié van die kamers aan die noordekant. Daar was 'n ingang aan die punt van die gang, die gang langs die keermuur, aan die oostekant wanneer 'n mens ingaan.

13. Die man het vir my gesê: “Dié kamers noord en suid van die tempelplein is gewyd. Dit is die eetplek van die priesters wat aan die Here die besondere gewyde offers bring. Daar sit hulle die besondere gewyde offergawes neer: die graanoffer, die sondeoffer en die skuldoffer. Dié plek is 'n gewyde plek.

14. “Wanneer die priesters hier ingekom het, mag hulle nie uit die gewyde gebied na die buitenste voorhof toe gaan voordat hulle die klere waarin hulle diens gedoen het, uitgetrek het nie, want die klere is ook gewyd. Hulle moet eers ander klere aantrek, dan kan hulle na die gebied toe gaan wat vir die ander mense bedoel is.”

15. Nadat die man die tempelgebied klaar afgemeet het aan die binnekant, het hy my by die poort uitgeneem wat oos gekyk het en die mure buite-om gemeet.

16. Eers het hy die oostekant gemeet met sy meetstok. Die muur hier was twee honderd en vyftig meter lank.

17. Toe meet hy die noordekant, ook twee honderd en vyftig meter lank,

18. en die suidekant, ook twee honderd en vyftig meter lank.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 42