Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 42:13-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Die man het vir my gesê: “Dié kamers noord en suid van die tempelplein is gewyd. Dit is die eetplek van die priesters wat aan die Here die besondere gewyde offers bring. Daar sit hulle die besondere gewyde offergawes neer: die graanoffer, die sondeoffer en die skuldoffer. Dié plek is 'n gewyde plek.

14. “Wanneer die priesters hier ingekom het, mag hulle nie uit die gewyde gebied na die buitenste voorhof toe gaan voordat hulle die klere waarin hulle diens gedoen het, uitgetrek het nie, want die klere is ook gewyd. Hulle moet eers ander klere aantrek, dan kan hulle na die gebied toe gaan wat vir die ander mense bedoel is.”

15. Nadat die man die tempelgebied klaar afgemeet het aan die binnekant, het hy my by die poort uitgeneem wat oos gekyk het en die mure buite-om gemeet.

16. Eers het hy die oostekant gemeet met sy meetstok. Die muur hier was twee honderd en vyftig meter lank.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 42