Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 42:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die man het my toe uitgebring na die buitenste voorhof toe aan die noordekant en my by 'n kamergebou gebring regoor die tempelplein en noord van die westelike gebou.

2. Die lengte van die gebou aan die noordekant was vyftig meter en die breedte vyf en twintig meter.

3. Die gebou het gegrens aan die tien meter wye strook teen die binneste voorhof en aan die deel van die tempelplein teen die buitenste voorhof. Die gebou was terrasvormig met drie vlakke, die een bokant die ander.

4. Voor elke ry kamers was 'n loopgang van vyf meter breed en vyftig meter lank. Die ingange van die loopgange was aan die noordekant.

5. Die kamers bo was kleiner as dié onder, want die terrasvlakke het meer van die boonste kamers se ruimte in beslag geneem as van die kamers onder en in die middel.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 42