Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 41:19-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. 'n mensgesig na die kant toe van die palm aan die een kant, en 'n leeugesig na die kant toe van die palm aan die ander kant. Die versierings was rondom teen die hele tempelgebou aangebring.

20. Van die grond af tot bokant die ingang was daar gerubs en palms aangebring, ook teen die muur van die voorste tempelvertrek.

21. Die voorste tempelvertrek se deurkosyn was vierkantig, en dié van die Allerheiligste ook.

22. Die altaar in die voorste tempelvertrek was van hout, een en 'n half meter hoog en een meter lank. Sy hoeke en sy kante rondom was van hout. Die man het vir my gesê: “Dit is die tafel wat in die teenwoordigheid van die Here staan.”

23. Die voorste tempelvertrek en die Allerheiligste het elkeen 'n deur gehad.

24. Elke deur het twee deurvleuels, twee swaaideure, gehad.

25. Op die swaaideure, op dié van die voorste tempelvertrek, was gerubs en palms aangebring net soos op die mure. Voor die toegangsportaal aan die buitekant was 'n afdak van hout.

26. In die mure weerskante van die ingangsportaal was daar vensteropenings met hortjies, en teen die mure was palmversierings. Dit was ook die geval met die verdiepinggebou rondom die tempel en met die afdakke.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 41