Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 35:11-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. “So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek gaan met jou maak wat jy met Israel gemaak het in jou haat teen hulle, in jou woede en jou afguns. Ek sal hulle laat besef wie Ek is wanneer Ek jou straf,

12. en jy sal besef dat Ek die Here is. Ek het gehoor hoe smalend jy oor die berge van Israel gepraat het toe jy gesê het: ‘Hulle lê verlate, hulle is vir ons gegee om verder te ruïneer.’

13. Julle het groot monde gehad teen My, julle het My vermetel aangespreek. Ek het dit gehoor.”

14. So sê die Here my God: “Die hele wêreld sal juig as Ek jou 'n onbewoonde land maak.

15. So het jy gejuig toe die besitting van Israel 'n onbewoonde land gemaak is. Ek gaan jou ook onbewoon maak. Die bergland van Seïr, die hele Edom, gaan 'n land sonder inwoners word. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 35