Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 31:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Op die eerste van die derde maand, in die elfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:

2. “Mens, sê vir die farao, koning van Egipte, en vir sy leër:“Wie het soveel mag gehad as jy?

3. Daar was Assirië, die seder op die Libanon.Sy pragtige takke het hulle skaduwee oor die bos gegooi.Die seder het hoog gegroei,sy top was tussen die wolke.

4. Die water het hom groot laat word,die onderaardse waters het hom 'n hoë boom gemaak.Groot strome water het om hom geloop,en van hom af stroompies na al die ander bome toe.

5. Hy het hoër as al die ander bome geword,sy takke meer en langervan al die water in die leivore.

6. Al die voëls het kom nes maak in sy takke,onder hom het al die wilde dierehulle kleintjies in die wêreld gebringen in sy skaduwee het al die baie nasies kom woon.

7. Hy was 'n mooi en 'n groot boommet wydgespreide takke,want sy wortels het tot by baie water gekom.

8. “Die seders in die godetuin kon met hom nie meeding nie,die sipresse se takke was nie soos syne nie,nog minder dié van die platane.Daar was nie 'n boom in die godetuinwat so mooi as die seder was nie.

9. Ek het hom 'n mooi boom gemaak met sy baie takke,en al die bome in die godetuin Edenwas jaloers op die seder.”

10. So sê die Here my God: “Die seder het hoog gegroei, sy top was tussen die wolke, maar sy hoogte het hom hooghartig gemaak.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 31