Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 30:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woord van die Here het tot my gekom:

2. “Mens, tree op as profeet, sê: So sê die Here my God:“Huil en roep: Ag, die dag!

3. Die dag is naby, die dag van die Here is naby!Dié dag is donker, die tyd is daar vir die nasies!

4. Daar kom oorlog teen Egipte! Selfs in Kus sal die mense bewewanneer dié in Egipte doodgemaak word.Sy rykdomme sal weggevat word, sy fondamente sal afgebreek word.

5. Die soldate uit Kus, Put en Lud,al die huursoldate en dié uit Kub,en ook dié uit die land met wie Ek 'n verbond gemaak het,sal met die swaard afgemaai word.”

6. So sê die Here:“Dié wat Egipte ondersteun, sal sneuwel,die mag waarop hy hom beroem, sal ondergaan.“Van Migdol af tot by Sewene sal hulle afgemaai word deur die swaard,” sê die Here my God.

7. “Egipte sal 'n verlate land wees soos ander verlate lande, sy stede sal soos ander stede in puin lê.

8. Wanneer Ek vuur in Egipte in stuur en al sy helpers ondergaan, sal die Egiptenaars besef dat Ek die Here is.

9. Daardie dag sal daar van My af boodskappers in skepe gaan om Kus sy gevoel van veiligheid te laat wegskrik; hulle sal bewe die dag as Egipte ondergaan, en die dag kom beslis.”

10. So sê die Here my God: “Ek maak deur koning Nebukadnesar van Babel 'n einde aan die mag van Egipte.

11. Nebukadnesar en sy mense, 'n wrede nasie, word gebring om Egipte te verwoes. Hulle gaan die land aanval en hom vol dooies maak.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 30