Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 27:23-36 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Haran, Kanne, Eden, die handelaars van Skeba,Assirië en Kilmad het vir jou as agente opgetree;

24. hulle was jou agente,hulle het mooi klere,tjalies van blou wolstof,veelkleurige materiaal,tweekleurige materiaal,gevlegte en gedraaide tou aan jou verhandel.

25. Tarsisskepe het jou goedere op handelstogte vervoer.“Jy het ryk geword en baie mag gekry op die diepsee;

26. jou roeiers het jou op die groot waters gebring,maar toe het die oostewind jou verpletter op die diepsee.

27. Jou rykdom, jou handelsware, jou goedere,jou seemanne, jou matrose,die manne wat jou lekplekke moes toestop,dié wat met jou goedere handel moes dryfen al jou soldate, die hele menigte in jou,het in die diepsee afgestort die dag toe jy vergaan het.

28. Die geskreeu van jou matrose het die kuslande laat sidder;

29. al die roeiers het hulle skepe verlaat;die seemanne, al die matrose, het op land gaan staan.

30. Hulle het geskreeu oor wat met jou gebeur het,hulle het bitterlik gekerm;hulle het stof op hulle koppe gegooien op die grond rondgerol;

31. hulle het hulle koppe kaalgeskeer in rou oor jou en rouklere aangetrek;hulle het bitterlik gehuil oor jou,bitterlik getreur.

32. Tussen hulle smartkrete deurhet hulle 'n treurlied begin sing,'n treurlied oor jou:‘Wie kon op see met Tirus vergelyk word?’

33. “Wanneer jou handelsware aangekom het oor die see,kon baie volke in oorvloed leef;met jou groot rykdom, jou goedere,het jy die konings van die aarde ryk gemaak.

34. Maar nou is jou mag op see gebreek,jou mag op die diep waters.Jou handelsware en al jou menseis daarmee heen saam met jou.

35. Al die bewoners van die eilandeis skrikbevange oor wat met jou gebeur het;hulle konings se hare rys,hulle gesigte is wit van die skrik.

36. Die handelaars onder die volke fluit van verbasingoor wat met jou gebeur het.Jy het 'n afskrikmiddel vir ander geword,dit is vir altyd klaar met jou.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 27