Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 27:21-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Arabië en al die regeerders van Kedarhet in jou diens gestaan as handelaars;hulle het vir jou handel gedryfmet lammers, skaapramme en bokramme.

22. Die handelaars van Skeba en Rama was jou agente;hulle het jou handelsware verruil vir die beste balsem,vir allerhande edelstene en goud.

23. Haran, Kanne, Eden, die handelaars van Skeba,Assirië en Kilmad het vir jou as agente opgetree;

24. hulle was jou agente,hulle het mooi klere,tjalies van blou wolstof,veelkleurige materiaal,tweekleurige materiaal,gevlegte en gedraaide tou aan jou verhandel.

25. Tarsisskepe het jou goedere op handelstogte vervoer.“Jy het ryk geword en baie mag gekry op die diepsee;

26. jou roeiers het jou op die groot waters gebring,maar toe het die oostewind jou verpletter op die diepsee.

27. Jou rykdom, jou handelsware, jou goedere,jou seemanne, jou matrose,die manne wat jou lekplekke moes toestop,dié wat met jou goedere handel moes dryfen al jou soldate, die hele menigte in jou,het in die diepsee afgestort die dag toe jy vergaan het.

28. Die geskreeu van jou matrose het die kuslande laat sidder;

29. al die roeiers het hulle skepe verlaat;die seemanne, al die matrose, het op land gaan staan.

30. Hulle het geskreeu oor wat met jou gebeur het,hulle het bitterlik gekerm;hulle het stof op hulle koppe gegooien op die grond rondgerol;

31. hulle het hulle koppe kaalgeskeer in rou oor jou en rouklere aangetrek;hulle het bitterlik gehuil oor jou,bitterlik getreur.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 27