Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 27:2-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. “Mens, jy moet 'n treurlied oor Tirus sing.

3. Tirus lê aan die kus en dryf handel met die ander volke, met baie eilande. Jy moet vir Tirus sê: So sê die Here my God:“Tirus, jy dink jou skoonheid is volmaak.

4. Jou magsgebied strek tot oor die diepsee,en dié wat jou gebou het, het jou 'n mooi skip gemaak.

5. Hulle het jou twee kante gebou van sipresse uit Seniren sederhout uit Libanon gebruik vir jou mas.

6. Hulle het jou roeispane gemaakvan groot bome uit Basan,jou dek van sipreshout uit die Kittiëreilande,en dit ingelê met ivoor.

7. Jou seile was van veelkleurige materiaal uit Egipte;daaraan is jy uitgeken.Pers en rooi wolstof uit die Elisa-eilandehet jou bedek.

8. Inwoners van Sidon en Arwad was jou roeiers,en jou bevare seemanne het jy self gelewer, Tirus.

9. Leiers, vakmanne uit Gebal was aan boordom jou lekplekke toe te stop.Al die skepe op see met hulle bemanningshet na jou toe gekom om met jou handel te dryf.

10. “Mense uit Paras, Lud en Put was soldate in jou leër.Met die skilde en helms wat hulle in jou opgehang het,het hulle jou aansien gegee.

11. In jou leër op jou mure rondom was manne uit Arwad,op jou torings mense uit Gammad.Hulle het hulle skilde rondom teen jou mure opgehangen jou skoonheid volmaak gemaak.

12. “Tarsis het vir jou handel gedryf,want jy het baie te verruil gehad;hulle het jou handelsware verruil vir silwer,yster, tin en lood.

13. Griekeland, Tubal en Mesek was agente vir jou;hulle het jou goedere verruil vir slawe en koperware.

14. Uit Bet-Togarma het trekperde, ryperde en muile gekomin ruil vir jou handelsware.

15. Mense uit Dedan was agente vir jou,baie eilande het in jou diens gestaan as handelaars;hulle het vir jou olifantstande en ebbehout gebring as betaling.

16. Aram het vir jou handel gedryf,want jy het baie produkte gelewer;hulle het jou handelsware verruil vir turkoois, pers wolstof,veelkleurige materiaal, linne, koraal en robyne.

17. “Juda en Israel was agente vir jou;hulle het jou goedere verruil vir koring uit Minnit,vir vye, heuning, olyfolie en balsemgom.

18. Damaskus het vir jou handel gedryf,want jy het baie produkte gelewer,jy het baie te verruil gehadvir wyn uit Gelbon en wol uit Sagar.

19. Sowel Dan as Griekeland het goedereuit Usal gelewer vir jou handelsware;jy het bewerkte yster,kaneel en kalmoes gekry vir jou goedere.

20. “Dedan was jou agent vir saalkleedjies.

21. Arabië en al die regeerders van Kedarhet in jou diens gestaan as handelaars;hulle het vir jou handel gedryfmet lammers, skaapramme en bokramme.

22. Die handelaars van Skeba en Rama was jou agente;hulle het jou handelsware verruil vir die beste balsem,vir allerhande edelstene en goud.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 27