Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 27:12-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. “Tarsis het vir jou handel gedryf,want jy het baie te verruil gehad;hulle het jou handelsware verruil vir silwer,yster, tin en lood.

13. Griekeland, Tubal en Mesek was agente vir jou;hulle het jou goedere verruil vir slawe en koperware.

14. Uit Bet-Togarma het trekperde, ryperde en muile gekomin ruil vir jou handelsware.

15. Mense uit Dedan was agente vir jou,baie eilande het in jou diens gestaan as handelaars;hulle het vir jou olifantstande en ebbehout gebring as betaling.

16. Aram het vir jou handel gedryf,want jy het baie produkte gelewer;hulle het jou handelsware verruil vir turkoois, pers wolstof,veelkleurige materiaal, linne, koraal en robyne.

17. “Juda en Israel was agente vir jou;hulle het jou goedere verruil vir koring uit Minnit,vir vye, heuning, olyfolie en balsemgom.

18. Damaskus het vir jou handel gedryf,want jy het baie produkte gelewer,jy het baie te verruil gehadvir wyn uit Gelbon en wol uit Sagar.

19. Sowel Dan as Griekeland het goedereuit Usal gelewer vir jou handelsware;jy het bewerkte yster,kaneel en kalmoes gekry vir jou goedere.

20. “Dedan was jou agent vir saalkleedjies.

21. Arabië en al die regeerders van Kedarhet in jou diens gestaan as handelaars;hulle het vir jou handel gedryfmet lammers, skaapramme en bokramme.

22. Die handelaars van Skeba en Rama was jou agente;hulle het jou handelsware verruil vir die beste balsem,vir allerhande edelstene en goud.

23. Haran, Kanne, Eden, die handelaars van Skeba,Assirië en Kilmad het vir jou as agente opgetree;

24. hulle was jou agente,hulle het mooi klere,tjalies van blou wolstof,veelkleurige materiaal,tweekleurige materiaal,gevlegte en gedraaide tou aan jou verhandel.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 27