Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 26:6-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Die inwoners van sy buitedorpe in die veld sal doodgemaak word. Tirus sal besef dat Ek die Here is.”

7. So sê die Here my God: “Ek gaan vir koning Nebukadnesar van Babel, koning oor konings, uit die noorde teen Tirus bring. Hy sal kom met perde, met strydwaens, met ruiters, met 'n baie groot leër.

8. Hy sal die inwoners van jou buitedorpe in die veld doodmaak, hy sal beleëringswerke teen jou bou, 'n beleëringswal teen jou opgooi en beskermingsdakke teen jou mure aanbring.

9. Dan sal hy met sy stormramme jou mure omstamp en jou torings afbreek met sy koevoete.

10. Sy perde sal so baie wees dat die stof wat hulle opskop, jou sal bedek. Die gedreun van sy ruiters en sy strydwawiele sal jou mure laat bewe wanneer hy deur jou poorte kom soos in 'n stad in waarvan die mure klaar afgebreek is.

11. Met die hoewe van sy perde sal hy al jou strate stof trap. Hy sal jou inwoners doodmaak en jou sterk pilare omgooi.

12. Hulle sal jou besittings plunder, jou handelsware buitmaak, jou mure afbreek, jou mooi huise verwoes en jou klippe, jou hout, selfs jou grond, in die see gooi.

13. “So gaan Ek 'n einde maak aan jou luidrugtige liedere; die klank van jou liere sal nie meer gehoor word nie.

14. Ek maak jou 'n kaal klipplaat. Jy sal nog net 'n plek wees waar visnette droog gemaak word. Jy sal nie herbou word nie. Ek, die Here, het gepraat,” sê die Here my God.

15. So sê die Here my God vir Tirus: “Gaan die eilande nie bewe wanneer hulle die gedreun van jou val hoor nie, die gekreun van jou gewondes, wanneer hulle verneem van die slagting wat in jou gaan plaasvind?

16. Al die regeerders aan die see sal van hulle trone afklim, hulle mantels afgooi, hulle spogklere uittrek en skrikbevange op die grond gaan sit. Hulle sal aanhou bewe van ontsetting oor jou.

17. Hulle sal 'n treurlied oor jou sing en vir jou sê:“Hoe het jy dan aan jou end gekom, beroemde stad,jy wat bevolk is van oor die see,jy wat magtig op die see was,jy en jou inwoners,jy wat almal op see met skrik vervul het!

Lees volledige hoofstuk Esegiël 26