Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 26:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Op die eerste dag van die maand, in die elfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:

2. “Mens, Tirus verlekker hom oor Jerusalem en sê: Die Poort van die Volke is stukkend gebreek, ek geniet die voordeel daarvan, ek word ryk nou dat daardie stad 'n puinhoop is.

3. “Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek nou teen jou optree, Tirus. Soos die golwe van die see, so laat Ek baie nasies oor jou spoel.

4. Hulle sal die mure van Tirus verwoes, sy torings afbreek. Ek sal sy grondlaag van hom afvee en hom 'n kaal klipplaat maak.

5. Hy sal nog net 'n plek in die see wees waar visnette droog gemaak word. Ek het gepraat, sê die Here my God. Tirus sal 'n stuk buit vir die nasies word.

6. Die inwoners van sy buitedorpe in die veld sal doodgemaak word. Tirus sal besef dat Ek die Here is.”

7. So sê die Here my God: “Ek gaan vir koning Nebukadnesar van Babel, koning oor konings, uit die noorde teen Tirus bring. Hy sal kom met perde, met strydwaens, met ruiters, met 'n baie groot leër.

8. Hy sal die inwoners van jou buitedorpe in die veld doodmaak, hy sal beleëringswerke teen jou bou, 'n beleëringswal teen jou opgooi en beskermingsdakke teen jou mure aanbring.

9. Dan sal hy met sy stormramme jou mure omstamp en jou torings afbreek met sy koevoete.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 26