Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 14:18-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, dié drie manne as hulle daar was, nie hulle kinders kon red nie. Hulle sou net self gered kon word.

19. Of as Ek pes oor daardie land stuur en Ek my toorn daarteen laat losbreek om mens en dier daar uit te roei in 'n groot slagting,

20. sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, Noag, Daniël en Job as hulle daar was, nie eens 'n enkele seun of dogter kon red nie; hulle sou net hulleself in die lewe kon hou omdat hulle volgens my wil geleef het.”

21. So sê die Here my God: “Selfs wanneer Ek my vier swaar strawwe teen Jerusalem stuur, oorlog, hongersnood, ongediertes en pes om mens en dier daar uit te roei,

22. sal daar tog 'n klompie seuns en dogters oorbly wat vrygekom het. Hulle sal na julle toe kom en julle sal hulle optrede en hulle dade sien en verstaan waarom Ek die ramp oor Jerusalem gebring het, alles wat Ek oor hom gebring het.

23. Julle sal verstaan as julle hulle optrede en hulle dade sien en julle sal besef dat wat Ek aan die stad gedoen het, Ek nie gedoen het sonder dat hy dit verdien het nie,” sê die Here my God.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 14