Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 14:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Die woord van die Here het tot my gekom:

13. “Mens, wanneer 'n land teen My sondig en heeltemal troueloos word, en Ek steek my hand teen hom uit en vat sy kos weg en bring hongersnood in hom en Ek roei mens en dier uit hom uit,

14. sou selfs daardie drie manne van ouds, Noag, Daniël en Job wat volgens my wil geleef het, net hulleself in die lewe kon hou, sê die Here my God.

15. Of as Ek ongediertes die land laat oorval, en hulle maak die mense dood, sodat die land verlate word, en niemand daar langs trek nie as gevolg van die ongediertes,

16. sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, dié drie manne as hulle daar was, nie hulle kinders kon red nie. Hulle sou net self gered word, maar die land sou verlate wees.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 14