Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 11:4-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Tree op as profeet teen hulle, tree op as profeet, mens.”

5. Die Gees van die Here het oor my gekom en vir my gesê: “Jy moet sê: So sê die Here: Julle het dit gesê, Israel, Ek ken die gedagtes wat by julle opkom.

6. Julle het baie mense in hierdie stad vermoor, julle het sy strate vol lyke gemaak.

7. “Maar,” so sê die Here my God, “die vleis is die mense vir wie julle in die stad doodgemaak het, en die stad is die pot, en vir julle sal Ek daar uithaal.

8. Julle is bang vir die swaard, en die swaard sal Ek oor julle bring,” sê die Here my God.

9. “Ek sal julle uit die stad uithaal en julle in die mag van vreemdes oorgee en julle straf.

10. Julle sal met die swaard doodgemaak word. Ek sal julle straf op die grense van Israel, en julle sal besef dat Ek die Here is.

11. Die stad sal nie die pot wees en julle die vleis in hom nie: op die grense van Israel sal Ek julle straf.

12. Dan sal julle besef dat Ek die Here is volgens wie se voorskrifte julle nie geleef het nie en wie se bepalings julle nie uitgevoer het nie. Maar julle het geleef volgens die gebruike van die nasies rondom julle.”

13. Terwyl ek besig was om so as profeet op te tree, het Pelatja seun van Benaja gesterf. Ek het op my gesig geval en hard geroep: “Ag, Here my God, gaan U 'n einde maak aan wat van Israel oor is?”

14. Toe kom die woord van die Here tot my:

15. “Mens, dit is van jou broers, jou familie en die hele Israel dat die inwoners van Jerusalem sê: ‘Hulle is ver van die Here af, en hierdie land is vir ons as besitting gegee.’

16. Daarom moet jy sê: So sê die Here my God: Ek het hulle ver weg gevat na ander nasies toe en hulle oor ander lande verstrooi, maar in dié tyd het Ek self vir hulle 'n heiligdom gebly in die lande waarheen hulle is.

17. “Jy moet sê: So sê die Here my God: Ek gaan julle dan ook nou bymekaarmaak tussen die ander nasies uit, julle versamel uit die ander lande waarheen Ek julle verstrooi het, en vir julle die land Israel teruggee.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 11