Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 10:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ek sien toe bokant die gewelf bo die koppe van die gerubs iets soos saffier met die vorm van 'n troon. Dit was sigbaar bokant die gerubs.

2. Die Here het vir die man in linneklere gesê: “Gaan in tussen die wiele onder die gerubs, maak jou twee hande daar tussen die gerubs vol kole en strooi dit oor die stad.”Die man het gegaan terwyl ek kyk.

3. Die gerubs het regs van die tempel gestaan toe die man daar aankom, en die wolk het die binneste voorhof gevul.

4. Die magtige teenwoordigheid van die Here het van bo die gerubs af opgestyg en bokant die tempel se drumpel gaan staan. Die tempel is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die magtige teenwoordigheid van die Here.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 10