Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 40:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Op die eerste dag van die eerste maand moet jy die tabernakel, die tent van ontmoeting, opslaan.

3. Jy moet die ark met die getuienis neersit in die tent en die ark afskort met die voorhangsel.

4. “Dan moet jy die tafel inbring en sy toebehore daarop regsit. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek.

5. Die goue wierookaltaar moet jy neersit voor die ark met die getuienis en dan die voorhangsel in die deur van die tabernakel hang.

6. Jy moet die brandofferaltaar neersit voor die ingang van die tabernakel, die tent van ontmoeting.

7. Die waskom moet jy neersit tussen die tent van ontmoeting en die altaar, en jy moet water daarin gooi.

8. Jy moet die voorhof opslaan en die afskorting in die ingang van die voorhof hang.

9. Vat dan salfolie en salf die tabernakel en alles wat daarin is. Wy die tabernakel en al die toebehore. Dan sal dit gewyd wees.

10. “Salf die brandofferaltaar en al sy toebehore. Jy moet die altaar ook wy: dit moet 'n gewyde altaar wees.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 40