Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 37:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Besaleël het die ark van doringhout gemaak: een en 'n kwart meter lank, 'n driekwart meter breed en net so hoog.

2. Hy het dit binne en buite met suiwer goud oorgetrek en 'n goue lys rondom vasgesit.

3. Hy het vier goue ringe gegiet wat aan die onderste vier hoeke vasgesit is, sodat daar twee ringe aan elke kant was.

4. Hy het draaghoute van doringhout gemaak en dit met goud oorgetrek.

5. Die draaghoute is deur die ringe aan weerskante van die ark gesteek om die ark daarmee te dra.

6. Daarna het hy die deksel van suiwer goud gemaak, een en 'n kwart meter lank en 'n driekwart meter breed.

7. Hy het twee gerubs van geslae goud gemaak, een links en een regs op die deksel.

8. Hy het die gerubs aan weerskante van die deksel so gemaak dat hulle 'n eenheid met die deksel gevorm het.

9. Hulle vlerke was uitgesprei oor die deksel, sodat hulle dit bedek het. Die gerubs se gesigte was na mekaar toe en hulle het afgekyk op die deksel.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 37