Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 36:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Besaleël, Oholiab en al die ander vakmanne vir wie die Here die vaardigheid en verstand gegee het om te weet hoe om al die werk aan die heiligdom uit te voer, moet die werk doen soos die Here beveel het.”

2. Moses het toe vir Besaleël en Oholiab geroep en al die ander vakmanne vir wie die Here die vaardigheid gegee het, almal wat aangebied het om die werk te doen.

3. Hulle het van Moses al die offergawes ontvang wat deur die Israeliete gebring is om die heiligdom op te rig.Die volk het elke oggend nog vrywillige offers na Moses toe gebring.

4. Toe het al die vakmanne wat die werk aan die heiligdom moes doen, elkeen van sy afdeling van die werk af,

5. vir Moses kom sê: “Die volk bring meer as wat nodig is om die werk te doen wat die Here beveel het.”

6. Toe het Moses in die kamp rond laat weet dat die mense nie meer iets as offergawe vir die heiligdom moet gee nie, en eers toe het die volk opgehou bring.

7. Daar was meer as genoeg om al die werk te doen, daar was selfs nog oor.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 36