Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 30:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Jy moet 'n altaar van doringhout maak om daarop wierook te brand.

2. Dit moet 'n half meter in die vierkant wees en 'n meter hoog. Sy horings moet 'n eenheid daarmee vorm.

3. Jy moet die bokant, die sye rondom, en die horings met suiwer goud oortrek en 'n goue lys rondom die altaar vassit.

4. Jy moet twee goue ringe vir elke kant maak en dit aan weerskante teenoor mekaar, onderaan die lys vassit om die draaghoute waarmee jy die altaar moet dra, daardeur te steek.

5. Jy moet die draaghoute van doringhout maak en hulle met goud oortrek.

6. Sit die altaar dan neer voor die voorhangsel wat hang voor die ark met die getuienis, voor die deksel op die getuienis waar Ek jou sal ontmoet.

7. Elke oggend wanneer Aäron die lampe versorg, moet hy geurige wierook op die altaar brand.

8. Elke aand wanneer hy die lampe aansteek, moet hy wierook brand. Die wierookoffer moet altyd, ook deur julle nageslag, vir My, die Here, gebring word.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 30