Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 29:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Jy moet vir Aäron en sy seuns soos volg wy om My te dien as priesters: vat 'n bul en twee ramme, almal sonder liggaamsgebrek,

2. brood sonder suurdeeg, ringbrood sonder suurdeeg, geknie met olie, en roosterkoeke sonder suurdeeg, met olie gesmeer. Jy moet dit van koringmeel maak.

3. “Sit dit in 'n mandjie en bring die mandjie, die bul en die twee ramme na die heiligdom toe.

4. Laat Aäron en sy seuns na die deur van die tent van ontmoeting toe kom, en was hulle met water.

5. “Vat die klere en trek vir Aäron die priesterklere, die skouerkleed, die mantel wat saam met die skouerkleed gedra word, en die borssak aan. Maak die skouerkleed vas met die gordel.

6. Bind die tulband om sy kop en sit die gewyde priesterkroon op die tulband.

7. Vat olie en salf hom deur dit op sy kop uit te giet.

8. “Net so moet jy sy seuns laat naderkom en vir hulle ook priesterklere laat aantrek.

9. Bind die serpe om Aäron en sy seuns en bind die kopdoeke vir hulle vas. Die priesterskap moet vir hulle 'n blywende amp wees.“Jy moet vir Aäron en sy seuns soos volg wy:

Lees volledige hoofstuk Eksodus 29