Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 27:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Jy moet 'n altaar van doringhout maak, twee en 'n half meter in die vierkant en een en 'n half meter hoog.

2. Jy moet horings maak aan sy vier hoeke en dit moet 'n eenheid met die altaar vorm. Jy moet die altaar met brons oortrek.

3. Maak potte om die as te verwyder, ook skoppe, komme, vurke en vuurpanne. Jy moet al hierdie toebehore van brons maak.

4. “Jy moet 'n bronstraliewerk om die altaar sit en 'n bronsring aan elke boonste hoek van die traliewerk vassit.

5. Sit die traliewerk onder die rand van die altaar vas, sodat dit halfpad teen die altaar afloop.

6. Jy moet draaghoute van doringhout vir die altaar maak en dit met brons oortrek.

7. Die draaghoute moet deur die ringe gesteek word. Die draaghoute moet weerskante van die altaar wees om dit te kan dra.

8. Jy moet die altaar van plank maak, in die vorm van 'n kas. Maak dit presies soos dit vir jou op die berg gewys is.”

9. “Jy moet ook 'n voorhof vir die tabernakel maak. Aan die suidekant, die regterkant, moet daar gordyne van goed geweefde linne wees, vyftig meter breed.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 27