Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26:30-37 Afrikaans 1983 (AFR83)

30. Jy moet die tabernakel oprig presies volgens die plan wat op die berg vir jou gewys is.

31. “Jy moet 'n voorhangsel maak van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne. Jy moet gerubs daarop laat uitborduur.

32. Hang dit aan vier doringhoutstyle wat met goud oorgetrek is en wat op vier silwervoetstukke staan. Daar moet goue kramme aan die style wees

33. en jy moet die voorhangsel, met hakies aan die binnekant, ophang. Sit dan die ark met die getuienis daarin, agter die voorhangsel. Die voorhangsel moet vir julle die Heilige van die Allerheiligste skei.

34. Jy moet die deksel op die ark met die getuienis sit, in die Allerheiligste.

35. “Sit die tafel voor die voorhangsel, aan die noordekant van die tabernakel, en die kandelaar aan die suidekant, regoor die tafel.

36. “Jy moet vir die ingang van die tent 'n afskorting maak van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne. Dit moet borduurwerk wees.

37. Maak vir die afskorting vyf doringhoutstyle en trek dit oor met goud. Jy moet goue kramme maak vir die style en vyf bronsvoetstukke daarvoor giet.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 26