Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26:10-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Jy moet vyftig lissies vaswerk aan die een kant van die een strook en so ook vyftig aan die een kant van die ander strook.

11. Jy moet vyftig bronshakies maak en die hakies deur die lissies haak om die stroke aanmekaar vas te maak sodat die tent een stuk is.

12. Die deel van die een strook materiaal wat oorskiet, moet by die agterkant van die tabernakel oorhang.

13. Die vyftig sentimeter wat weerskante in die lengte van die stroke oorskiet, moet dus weerskante van die sye van die tabernakel 'n oorhang wees om dit toe te maak.

14. “Jy moet verder 'n seil van rooigekleurde ramsvelle vir die tent maak en 'n seil van gebreide vel daarbo-oor span.

15. “Jy moet rame van doringhout maak vir die tabernakel om dit regop te hou.

16. Elke raam moet vyf meter lank en 'n driekwart meter breed wees.

17. Daar moet twee tappe vir elke raam wees om die rame aanmekaar te kan voeg. So moet jy al die rame vir die tabernakel maak.

18. “Maak twintig rame vir die raamwerk aan die suidekant, die regterkant van die tabernakel.

19. Verder moet jy veertig silwervoetstukke maak om onder die twintig rame te sit, twee voetstukke onder elke raam by sy twee tappe.

20. “Vir die ander kant van die tabernakel, die noordekant, moet daar ook twintig rame wees.

21. Vir hulle moet daar ook veertig silwervoetstukke wees, twee voetstukke onder elke raam.

22. Jy moet ses rame maak vir die agterkant, die westekant van die tabernakel.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 26