Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 25:24-40 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Trek dit oor met suiwer goud en sit 'n goue lys rondom vas.

25. Jy moet 'n band, sewe sentimeter breed, rondom die tafel sit en daarrondom 'n goue lys vassit.

26. Jy moet vier goue ringe vir die tafel maak en dit aan die vier hoeke vassit, regoor die vier pote.

27. Die ringe moet naby die band vas kom sodat die draaghoute deur hulle gesteek kan word om die tafel mee te dra.

28. Maak die draaghoute waarmee die tafel gedra moet word, van doringhout en trek hulle oor met goud.

29. “Maak vir die tafel skottels, panne, kanne en komme, alles van suiwer goud. Gebruik dit om die drankoffer mee uit te giet.

30. Sit offerbrood op die tafel. Dit moet altyd daar voor My in my teenwoordigheid wees.”

31. “Jy moet 'n kandelaar van suiwer goud maak. Dit moet van geslae goud wees, sodat die kandelaar se voetstuk, stam, blomkelke, knoppe en kroonblare alles een geheel is.

32. Daar moet ses arms uit die stam vertak, drie aan elke kant.

33. Daar moet ook drie blomkelke, in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare aan elke arm van die kandelaar wees. So moet dit wees vir al ses arms wat uit die stam van die kandelaar vertak.

34. Vir die hoofstam van die kandelaar moet daar vier blomkelke, in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare wees.

35. Verder moet daar 'n knop wees onder elke paar arms van die kandelaar, drie vir die ses arms wat uit die stam van die kandelaar vertak.

36. Die knoppe en die arms moet alles wees uit een stuk suiwer geslae goud.

37. Jy moet sewe lampies maak en dit so op die kandelaar vassit dat dit lig gee na sy voorkant toe.

38. Die pithouers en bakkies van die kandelaar moet van suiwer goud wees.

39. Al hierdie voorwerpe moet uit vier en dertig kilogram suiwer goud gemaak word.

40. Sorg dat jy dit maak volgens die plan wat vir jou op die berg gewys is.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 25