Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 24:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Moses gesê: “Klim die berg op na My toe: jy, Aäron, Nadab, Abihu en sewentig leiers van Israel. As julle nog ver is, moet julle al voor My buig.

2. Dan moet jy, Moses, alleen nader kom na My toe. Die ander moenie saam met jou nader kom nie. Die volk mag ook nie saam met jou opklim nie.”

3. Moses het toe al die gebooie en bepalings van die Here aan die volk gaan bekend maak. Hulle het soos een man gesê: “Ons sal alles doen wat die Here beveel het.”

4. Toe het Moses al die gebooie van die Here neergeskryf.Vroeg die volgende oggend het hy aan die voet van die berg 'n altaar gebou van twaalf klippe, vir die twaalf stamme van Israel.

5. Hy het toe van die jong Israeliete gestuur om bulle as brandoffers en maaltydoffers vir die Here te offer.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 24