Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 15:5-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Watermassas het hulle oordek,soos 'n klip het hulle in die dieptes afgesak.

6. U regterhand, Here, gedug in sy krag,u regterhand, Here, verpletter die vyand.

7. U is hoog verhewe,U vernietig wie teen U opstaan,U laat u toorn woed, dit verteer hulle soos kaf.

8. U wind het gewaai:die water dam op,strome staan regop soos 'n muur,watermassas stol in die hart van die see.

9. Die vyand sê:‘Ek sal hulle agtervolg en inhaal, ek sal die buit verdeel, ek sal my sin kry, ek sal my swaard trek, my hand sal hulle verslaan.’

10. “U laat u wind waai:die see oordek hulle,hulle sink soos lood in die magtige waters.

11. Wie van die gode is soos U, Here?Wie is soos U, so hoog geëer en heilig?In lofsange word U vereer, Bewerker van wonderdade!

12. U het u regterhand uitgesteek;die aarde het die vyand ingesluk.

13. Deur u trou het U die volk geleiwat deur U verlos is,hulle deur u krag gebring na u gewyde land toe.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 15