Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 15:10-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. “U laat u wind waai:die see oordek hulle,hulle sink soos lood in die magtige waters.

11. Wie van die gode is soos U, Here?Wie is soos U, so hoog geëer en heilig?In lofsange word U vereer, Bewerker van wonderdade!

12. U het u regterhand uitgesteek;die aarde het die vyand ingesluk.

13. Deur u trou het U die volk geleiwat deur U verlos is,hulle deur u krag gebring na u gewyde land toe.

14. Die volke het dit gehoor en hulle het gesidder,angs het die bewoners van Filistea beetgepak,

15. die stamhoofde van Edom was verskrik,die magtiges van Moab vreesbevange,al die bewoners van Kanaän was lam geskrik.

16. Vrees en angs het hulle oorval,u magtige dade het hulle laat versteentoe u volk deurtrek, Here,toe die volk wat U u eie gemaak het, deurtrek.

17. U het hulle ingebring, U het hulle geplantop die berg wat aan U behoort.Here, U het 'n plek vir u troon voorberei,u hande, Here, het 'n gewyde plek gereed gemaak.

18. Die Here regeer tot in ewigheid!”

19. Waarlik, toe die perde van die farao met strydwaens en bemanning die see ingegaan het, het die Here die water van die see oor hulle laat terugvloei, maar die Israeliete het op droë grond daardeur gegaan.

20. Mirjam die profetes, suster van Aäron, het 'n tamboeryn gevat en al die vroue het met tamboeryne agternageloop en gedans.

21. Mirjam het vir hulle voorgesing:“Sing tot eer van die Hereomdat Hy hoog verhewe is.Perd en ruiterhet Hy in die see geslinger.”

22. Moses het die Israeliete laat wegtrek van die Rietsee af en hulle het na die Surwoestyn toe gegaan. Hulle het drie dae lank die woestyn in getrek en geen water gekry nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 15