Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:8-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Toe die Allerhoogste vir die nasies hulle besittings gegee het,toe Hy die mense in volke opgedeel het,het Hy vir hulle hulle grense bepaal,soveel as wat daar Israeliete is.

9. Hulle is die Here se volk, sy deel,Jakob is die Here se vaste eiendom.

10. Hy het sy volk in die woestyn gevind,in 'n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu.Die Here het sy volk omhels, hom vertroetelen versorg soos die appel van sy oog.

11. Soos 'n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop,oor hulle fladder en hulle vangop sy vlerke wat hy oopsprei,soos 'n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra,

12. so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei;daar was nie 'n ander god by Hom nie.

13. Die Here het sy volk die land in besit laat neem,en hom laat eet van die opbrengs van die lande,hom heuning uit klipskeure laat geniet,olie uit harde klip,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32