Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:41-52 Afrikaans 1983 (AFR83)

41. wanneer Ek my blink swaard skerp gemaak het,wanneer my hand dit gevat het om te oordeel,sal Ek my teenstanders strafen my haters vergeld vir wat hulle gedoen het.

42. My swaard sal dood saai;Ek sal my pyle deurweek met bloed:die bloed van gesneuweldes en gevangenes,die bloed van die vyandmet die lang haarlokke.’

43. “Al julle nasies, julle moetdie volk van die Here roem,want Hy wreek die bloed van sy dienaars,Hy straf sy teenstanders,Hy bring vrede tussen Hom en sy land,tussen Hom en sy volk.”

44. Moses het nader gekom en hierdie hele lied aan die volk voorgehou. Josua seun van Nun was by hom.

45. Toe Moses hiermee klaar was,

46. het hy vir al die Israeliete gesê: “Neem al die woorde waarmee ek julle vandag vermaan het, ter harte. Julle moet julle kinders beveel om dit te gehoorsaam en te lewe volgens hierdie hele wet.

47. Dit is nie 'n geringe saak vir julle nie, dit is die lewe vir julle, en deur hierdie gebod te onderhou, sal julle julle verblyf verleng in die land wat julle in besit sal neem wanneer julle die Jordaan deurtrek.”

48. Op dieselfde dag waarop Moses so met die Israeliete gepraat het, het die Here vir hom gesê:

49. “Klim op Neboberg in die Abarimberge in Moab regoor Jerigo en bekyk Kanaän wat Ek vir die Israeliete as besitting sal gee.

50. Jy sal sterf op die berg waarop jy moet klim. So het jou broer Aäron gesterf op Horberg.

51. Julle was voor die oë van die Israeliete aan My ontrou by die waters van Meriba-Kades in die Sinwoestyn, want julle het My nie daar voor hulle oë as die Heilige geëer nie.

52. Jy sal die land wat Ek aan die Israeliete sal gee, regoor jou sien, maar jy sal daar nie binnegaan nie.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32